15 dae gelede
Tjokker tjop sonder flop
Ou hand Foto: south China Post  ~ 

’N CHINESE snotneus-laitie wys vir die wêreld hy het behoorlike chops as haarkapper.

Jiang Hongqi is net ses jaar oud, maar hy is al ’n ou hand wat begin hare sny het toe hy vier was!

’n Mens hoef seker nie vir hom te sê om nie met ’n skêr te hardloop nie. Die outjie van Suining in China sny, blow-dry en maak vroue se hare reguit tot op professionele standaarde. En hy impress almal met sy mad skills.

Sy ouers het ’n haarsalon waar hy alles geleer het. – South China Post

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters