7 dae gelede
Tjapgevreet vra fair jury
FOTO VERSKAF  ~ 

DIE lawyer wat ’n moordverdagte van Louisiana verteenwoordig, soek jurie­lede wat hom nie oor sy tjappies sal judge nie.

William Bottoms jr. (29) staan tereg op twee klagte van moord.

Sy girlfriend, Megan Gaylord, gaan glo vir die aanklaer getuig sy en Bottoms het in Junie 2017 saam met die twee slagoffers drugs gedoen toe Bottoms paranoid raak en die twee skiet.

Bottoms se lawyer, Jarvis Antwine, soek ’n fair jurie, want life in die mang staar Bottoms in sy tjapgevreet. – Fox News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters