Verlede maand
Supergom klou 'n rekord los
Swewende trok Foto: GUINNESS WORLD RECORDS  ~ 

’N DUITSE gomfirma het ’n nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel toe sy swaardiensgom ’n lorrie van 17,2 ton ’n uur lank in die lug gehou het.

Guinness sê die firma Delo het sy wondergom aan ’n aluminiumsilinder so groot soos ’n koeldrankblikkie gesmeer en dit aan ’n hyskraan vasgemaak.

Hulle het die trok aan die gomsilinder opgelig en een meter van die grond af gehou waar dit ’n uur lank gehang het.

Delo sê die supersterk gom is spesiaal vir dié rekordpoging ontwikkel en dit kan hoë temperature weerstaan. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters