Verlede maand
Stywe tottie gee skot hel
James Scott.  ~ Daily Record

’N PA van Glasgow is onder pyn en sit met ’n permanente ereksie ná ’n operasie.

James Scott (57), ’n glaswerker, se onderlyf is erg beseer toe 1,5 ton glas vier jaar gelede daarop geval het. Sy onlangse operasie om ’n penisprobleem te fix, het tot die permanente stiffie gelei.

Scott sê dis so seer, hy kan nie daaraan raak of selfs klere dra nie.

Nou sit hy in sy huis en is te bang om sy negejarige dogter te sien weens die onooglike, stywe meneer. Scott hoop maar die dokters kan die probleem gou uitsort. –dailyrecord.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters