2 maande gelede
Spidey maak vrou benoud
Foto: FACEBOOK  ~ 

’N BENOUDE vrou van Townsville in Australië vertel sy’t tuis gekom en ’n reuse-krapspinnekop so groot soos ’n kastrol hoog op teen haar muur gevind.

Die vrou, Laree Clarke, gaan toe op haar foon en pleit om hulp op Facebook omdat sy nie ’n groot genoeg houer gehad het om dit mee te vang nie.

Haar Facebook-vriende het voorgestel sy moet die huis afbrand. Iemand het gegrap sy moet die gogga huur vra.

Clarke het later laat weet die massiewe critter is veilig gevang en elders vrygelaat. – The Sun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters