Verlede maand
SpaceX doen dit weer
Jô! Die Falcon Heavy styg op. Foto: CBS NEWS  ~ 

ELON Musk se ruimtevaartmaatskappy SpaceX het sy tweede supergroot vuurpyl op 11 April die ruimte in gestuur – en vir die eerste keer ál drie aanjaagvuurpyle vir hergebruik veilig laat land.

Die Falcon Heavy is die kragtigste vuurpyl in gebruik. Sy 27 enjins gee gelyk gas tydens die lansering.

Die vuurpyl het die lug in gedreun met die Arabsat-kommunikasiesatelliet vir sy eerste betalende reisiger aan boord.

SpaceX se sukses volg ’n jaar nadat hy ’n sportmotor op ’n toetsvlug gelanseer het.

SpaceX beplan om later vanjaar weer sy Falcon Heavy te lanseer op ’n sending vir die Amerikaanse lugmag. – PA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters