4 maande gelede
Sit lent net sy lippe aan dop
Del HallFoto: UPI  ~ 

’N MAN van Ohio vat ’n blaadjie uit toeka se mon­nike se boek: Vir die Vastyd gee hy alle kos en drinkgoed prys behalwe bier.

Del Hall, wat vir die brouery Fifty West in Dayton, Ohio, werk, is van plan om op al 46 vasdae net bier in te neem. Hall beweer hy het dié idee gekry van monnike van Beiere wat in die 1600’s vir Lent ’n spesiale bock-bier gebrou het.

Hy gaan egter nie die kloosterlinge se voorskrifte presies navolg nie. Hall is van plan om alle soorte bier tydens sy vas in te neem. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters