2 maande gelede
Sikloon woed hom uit
Sikloon IdaiSkermgreep: Windy.com  ~ 

STERK wind en wydverspreide reën het Mosambiek steeds verniel nadat ’n tropiese sikloon begin verswak het nadat dit die land getref het.

Sikloon Idai het ons ooste­like buurland Donderdagnag naby die stad Beira in die provinsie Sofala gelooi.

Dit het gelei tot hewige reënbuie en die wind het teen meer as 70 km/h voortgewoed. Dit was wel swakker as dié van 100 km/h wat gewaai het terwyl die sikloon oor die Indiese Oseaan was.

“Tans heers ’n laedrukstelsel oor die land. Dit beweeg teen sowat 12 km/h noordwaarts,” het die weervoorspeller Mbavhi Maliage Vrydag aan News24 gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters