Verlede maand
Sikloon Fani slaan toe
SKADE: Chaos heers naby Puri, Indië. Foto: AP  ~ 

DIE sikloon Fani, die ergste storm op die Indiese subkontinent in 20 jaar, het Odisha aan die ooskus gehamer.

Beamptes het 1,2 miljoen mense voor die tyd ontruim.

Die uiters gevaarlike storm, met winde van tot 185 km/h, het Vrydag omstreeks 08:00 plaaslike tyd deur die stad Puri met sowat 200 000 inwoners gedwarrel, aldus Indië se weerprofete.

Die storm het stoom verloor toe hy die kus nader en het verder verswak terwyl hy noordwaarts beweeg het deur die deelstaat Wes-Bengale.

Die storm en swaar reën sal die digbevolkte Bangladesj na verwagting vandag bereik. – The Guardian

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters