4 maande gelede
Seldsame wolfies gebore
Welkom: Agt welpies is onlangs gebore. Foto: AFP  ~ 

NATUURBEWAARDERS is in die wolke nadat agt Mexi­kaanse wolfies in April in die Los Coyotes-dieretuin in Mexikostad gebore is.

Gewoonlik het wyfies van dié spesie, waarvan net 350 oor is, hoogstens 4 welpies.

Die departement van om­gewingsbewaring het gesê dis die grootste werpsel wat nóg gebore is sedert Amerika en Mexiko in die 1980’s ’n veldtog begin het om die wolf­getalle te boost.

Die 2 wyfies en 6 mannetjies is gebore in ’n tonnel­agtige lêplek in ’n boomryke area van die dieretuin, wat nou 17 wolwe het. Kenners hoop hulle kan eendag in die natuur vrygelaat word. AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters