7 dae gelede
‘Seks-oasis' het die bure op hol
Foto: INSTAGRAM  ~ 

PREUTSE bure is ongemaklik oor die ontdekking van hulle buur­man se “seks-oasis”.

Hierdie kinky huis in Philadelphia, Amerika, is nou in die mark. Daar is drie kaggels, houtvloere en ’n ten volle uitgeruste seks dungeon.

Ander huiseienaars het nooit snuf in die neus gehad van hulle buurman se spulse dinge nie totdat foto’s van die huis op die eiendomsagent se webblad gepost is.

Noudat als op die lappe gekom het, vra hulle die foto’s van die pompkamer moet verwyder word. Melissa Leonard, die eiendomsagent, noem die huis tong in die kies “50 Shades of Maple Glen”. – metro.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters