Verlede maand
Saoediese vroue vryer
BETER: Saoediese vroue kry meer regte. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

VROUE in Saoedi-Arabië het nie meer toestemming nodig om te reis nie, het die Saoediese regering Vrydag aangekondig.

Vroeër moes Saoediese vroue toestemming by hulle man of ’n ouer manlike gesinslid kry voordat hulle die land kon verlaat.

Dié wet is deel van ’n reeks dekrete van die Saoediese kabinet wat aan burgers meer regte moet toeken. So moet alle paspoortaansoeke van elke burger bo 21 jaar erken word.

Saoediese vroue mag van nou af ook self hulle kinders ná geboorte laat registreer.

Hulle kan ook self aansoek doen om te trou of te skei.

Boonop kan dié vroue nou ook alleen verantwoordelik wees vir die versorging van hulle kinders. – NU.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters