5 maande gelede
Sak seer ná hy illegal parkeer
hy wou mos!Foto: TWITTER  ~ 

’N KALIFORNIESE motoris het op die harde manier geleer om nie langs ’n brandkraan te parkeer nie.

Die brandweer van Anaheim het foto’s van die kar getwiet nadat die brandweer-beamptes die tjor se twee agterruite moes breek sodat hul brandslang by die kraan kon uitkom.

Die brandweer sê daar was nie genoeg spasie om die brandslang onder die kar deur te druk nie. Boonop sou die skade baie erger gewees het as die brandslang – wat onder groot druk werk – bo-oor die kar gegooi is. Die kar is na die impound gevat en die ou is beboet. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters