5 maande gelede
‘SA se rol nog onduidelik’
ERG: Die nooddienste help ’n gewonde.Foto: AP  ~ 

TEEN Vrydag was dit nog onduidelik of Suid-Afrikaners betrokke was by die aanvalle in Christchurch, het die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Nieu-Seeland gesê.

Skieters het Vrydag tydens die oggendgebede op twee vol moskees losgebrand.

Vuyiswa Tulelo het gesê: “Ons het reeds met die departement van buitelandse sake in verbinding getree. Hulle kon nog nie die nasionaliteit van die slagoffers bevestig nie. Ons het nog nie enige inligting daaroor of Suid-Afrikaners betrokke was nie,” het sy aan Radio 702 gesê.

Minstens 49 mense is in die aanvalle dood en tientalle gewond. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters