Verlede maand
Rob kry paling in die neusgat
Foto: NOAA FISHERIES  ~ 

DIEREKENNERS krap kop oor die verskynsel van Hawaise monniksrobbe met ’n paling in hulle neus.

Die Hawaise Monniksrob-navorsingsprogram het dié foto laas jaar in Desember aanlyn gedeel.

Claire Simeone, ’n veearts, het aan The Washington Post gesê dis erg om ’n dier te sien met ’n ander dier in sy neusgat.

Sedert 2016 is talle robbe met ’n paling in die neus gesien. Dalk maak die palings hulle high, want dié rob lyk heel happy.

Ander meen monniksrobbe snuffel onderwater naby die gate waarin die palings skuil en dit kan wees hoe die vis in sy snoet beland. ascienceenthusiast.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters