Verlede maand
Reptiel hap aan homself
FOTO VERSKAF  ~ 

’N REPTIEL­SKUILING in Pennsilvanië het onlangs ’n clip gedeel van ’n slang wat van homself gered moes word nadat hy sy stert begin insluk het.

Die Forgotten Friend Reptile Sanctuary se video wys hoe Jesse Rothacker die oostelike koningslang help nadat die dom ding al 25 cm van sy eie stert afgesluk het.

Rothacker sê dis nie vreemd dat ’n deurmekaar koningslang homself sal byt nie, maar dis seldsaam dat een homself sal begin opvreet. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters