Verlede maand
Reënboogbom sou poof maak
Foto: abc.net.au  ~ 

DIE Yanks het dit in 1994 oorweeg om ’n gay-bom te ontwikkel.

Hulle wou wapens ontwerp wat nie dodelik sou wees nie, maar die vyand onskadelik sou stel.

Die Wright Laboratory in Ohio het ’n voorstel vir dié chemiese wapen voorgelê.

As jy dié bom gooi en hy maak poof, dan tref feromone oftewel seksstimulante die vyand se soldate sodat hulle onweerstaanbaar raak vir mekaar. Die teorie is hulle sou mekaar dan met wellus gryp ...

Toe die info oor dié absurde “gay-bom” uitlek, is daar in 2007 spottenderwys ’n “Ig Nobel”-prys toegeken aan die Wright Laboratory. ranker.com/wikipedia.org

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters