17 dae gelede
Raasbek kan ore laat tuit
Wit klokvoël Foto: DAILY MAIL  ~ 

DIE wit klokvoël wat in die noorde van die Amasone voorkom, is die loudste voël op aarde.

Die Amerikaanse bioloog Jeff Podos en sy kollega Mario Cohn-Haft het in die vaktydskrif Current Biology daaroor geskryf.

Voorheen het kenners gedink die stentorpiha, ook van die Amasone, maak met 116 desibel die grootste geraas. Dis gelyk aan die klank van ’n popkonsert. Die wit klokvoël se geluid haal egter 125 desibel. Dis bo die pyngrens, wat rondom 120 desibel lê.UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters