4 maande gelede
Pous pak lollery in kerk
Pous FranciskusFoto: wikimedia  ~ 

DIE Rooms-Katolieke Kerk se sowat 1 miljoen geestelikes moet alle vermoedens van seksuele abuse op alle vlakke by die kerkleiers aanmeld, het pous Franciskus Donderdag in ’n belangrike dekreet beveel.

Elke bisdom moet nou teen Junie 2020 duidelike en toeganklike aanmeld-stelsels instel, het die pous beveel.

Dis ’n poging om seksskandale te tackle wat die Kerk se morele gesag ondermyn.

Kardinaal Marc Ouellet, hoof van die kongregasie vir biskoppe, meen: “Ons sê al jare lank priesters moet sekere streng reëls nakom. So, hoekom sal biskoppe en ander lede van die kerk-hiërargie uitgesluit word?” – Al Jazeera

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters