Verlede maand
Plastic nie so fantastic
POOLSNEEUFoto: Mine Tekman/Alfred-Wegener-InstituUt  ~ 

PIEPKLEIN plastiekdeeltjies oftewel mikroplastiek het met die wind in die sneeu van die Noordpool beland.

Dít is wat Duitse en Switserse wetenskaplikes ontdek en in die vaktydskrif Science Advances beskryf het.

Die navorsers het eers nie geweet presies hoe die plastiekdeeltjies in die ysstreek gekom het nie. Nou blyk dit die deeltjies is deur die atmos­feer verplaas. Dit verklaar hoe die mikroplastiek so ver versprei het, berig NU.nl.

Die hoofnavorser, Melanie Bergmann van Switserland se Alfred Wegener-Instituut, sê ’n liter sneeu in die Noordpool bevat tot 14 400 mikroplastiekdeeltjies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters