19 dae gelede
Pedo se vonnis: Kastrasie
STRAF WAG: Die kinderverkragter is in die mang. Foto ter illustrasie: GETTY IMAGES  ~ 

’N INDONESIËR, Muh Aris bin Syukur, wat nege kinders in Mojokerto verkrag het, is die eerste in dié land wat tot chemiese kastrasie gevonnis is.

Hy is in Oos-Java gevonnis ingevolge ’n presidensiële regulasie, berig mirror.co.uk.

Dié wet gee regters die mag om veroordeelde pedofiele met die doodsvonnis of chemiese kastrasie te straf.

Pres. Joko Widodo het gesê die regulasie is bedoel om die vreeslike krisis te oorkom wat deur seksuele geweld teen kinders veroorsaak is.

Chemiese kastrasie kan egter nog nie uitgevoer word nie, want Indonesiese dokters weier om die inspuiting te gee.

Die mediese sektor hou vol dié praktyk is oneties. Die straf moet dus nog voltrek word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters