27 dae gelede
Ou Rusbank is vol deposito’s
 ~ YouTube

’N OU van Owosso, Michigan, wat ’n rusbank by ’n charity shop gekoop het, het $43 170 (R625 000) in die bank se kussing gevind.

Howard Kirby het die couch vir sy man cave gekoop, maar het gewonder hoekom die kussing so ferm is. Sy skoondogter het hom gehelp om die kussing oop te sny en toe kry hulle die geld.

Kirby het die shop gebel en hulle het die oorspronklike eienaars laas week opgespoor. Kim Fauth-Newberry sê die rusbank het behoort aan haar oupa, wat onlangs oorlede is.

Sy sê hulle sou die couch verbrand het as die shop dit nie wou hê nie. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters