27 dae gelede
Ou prez se dogter verkla
Isabel dos Santos.  ~ Wikimedia

DIE miljardêr-dogter van Angola se oudpres. José Eduardo dos Santos is aangekla van geldwassery en wanbestuur tydens haar bestuurtyd by die staatsoliefirma Sonangol. Dokumente wat pas uitgelek het, dui aan sy’t die staatskas geplunder vir haar geskatte fortuin van $2,1 miljard (meer as R30 miljard).

Helder Pitta Gros, staatsaanklaer-generaal, sê: “Isabel dos Santos word aangekla van wanbestuur en die verduistering van geld tydens haar ampstermyn by Sonangol.” Sy word ook aangekla van geldwassery, voordeelsmousery, skadelike bestuur, die vervalsing van dokumente en ander finansiële misdade. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters