3 maande gelede
Nasa-tuig mik na die son
Parker Solar Probe Foto: WIKIPEDIA  ~ 

DIE Amerikaanse ruimteagentskap NASA stuur ’n ruimtetuig van R20,5 miljard op ’n vuurwarm trip na die son, berig AFP.

Dit sal wetenskaplikes se kennis van die son uitbrei.

Ná die Parker Solar Probe se lansering dié naweek vanaf Kaap Canaveral, Florida, sal hy die eerste ruimtetuig wees wat deur die son se versengende atmosfeer, bekend as die korona, sal vlieg.

Dit sal wetenskaplikes help verstaan wanneer gevaarlike sonstorms voorkom wat die aarde se kragnetwerk ontwrig.

Alex Young, sonkundige by Nasa, sê dis nodig om ruimteweer te voorspel, net soos die weer op aarde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters