4 maande gelede
Mummie-muise in hogere graf
Foto: ministerie van oudhede  ~ 

TIENTALLE gemummifiseerde muise is in Egipte in ’n 2 000 jaar oue grafkamer van ’n hoë man en sy vrou gevind.

Die graf is gevind nadat die owerhede op grafrowers afgekom het wat in ’n area van argeologiese belang aan ’t grawe was.

Egipte se ministerie van oudhede sê daar is afgekom op die oorskot van talle voëls en diere, sowel as die mummies van ’n hooggeplaaste beampte genaamd TuTu en sy vrou, T-Cheret Isis.

Ander diere in die graf sluit in ’n arend, valk, ibeks, honde en katte. Dalk was die mummie-muise entertainment vir die mummie-katte in die hiernamaals! – Sky News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters