4 maande gelede
Moeder van ’n slang gevind
Foto: FACEBOOK  ~ 

’N GROEP navorsers in die Big Cypress Nasionale Reservaat in Florida, Amerika, het ’n foto van hierdie rekordbreker van ’n 5,2 m lange Birmaanse luislang gedeel.

Sy weeg 63,5 kg en daar is 73 eiers wat nog binne-in haar ontwikkel.

Die navorsers sê in ’n post op die reservaat se Facebook-blad hierdie Birmaanse luislang, ’n indringerspesie in Florida se Everglades, is die grootste wat tot dusver in die 2 900 km² groot reservaat gevind is. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters