26 dae gelede
Mense gril vir dié handbeeld
Foto: City Gallery Wellington  ~ 

INWONERS van Nieu-Seeland se hoofstad, Wellington, sê ’n standbeeld van ’n hand met ’n gesig laat hulle ongemaklik voel. Dis bo-op die stad se kunsgalery aangebring.

Die City Gallery Wellington het “Quasi”, ’n beeld van die kunstenaar Ronnie van Hout, Maandag daar staangemaak. Dis van scans van die kunstenaar se liggaamsdele gemaak.

Die galery kondig op sy webwerf aan: “Dis asof die ‘kunstenaarshand’ ’n monsteragtige lewe van sy eie ontwikkel het.”

Sommige inwoners kla in die sosiale media die beeld is “disturbing”. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters