Verlede maand
Man byt slang ná dié hom pik
Foto ter illustrasie: Dunya News  ~ 

’N INDIESE man wat deur ’n slang gepik is, het hom op die reptiel gewreek deur die gedierte terug te byt en dit sodoende vrek te maak, het sy pa Maandag vertel.

Raj Kumar van die deelstaat Uttar Pradesh het laas Sondag tuis met ’n drankie ontspan toe die slang by sy huis ingeseil kom en hom pik.

Sy pa, Babu Ram, vertel sy seun het toe die slang gebyt “en in stukke gekou”.

Raj se familie het hom hospitaal toe gevat. Sy toestand is kritiek. Die reptiel, ’n rotslang, is gewoonlik nie giftig nie.

Raj se dokter, NP Singh, sê: “Dié is wraggies ’n weird geval.” – Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters