7 dae gelede
Maandstond in jou mond
CHEERS!Foto: FOX8  ~ 

’N KROEG in Ohio sê sy omstrede cocktail met ’n menstruasie-tema – nogal met ’n tampon-toediener as versiering – is geskep om mense van vroue se gesondheid bewus te maak.

Dié bar, Yuzu, het die tonge laat klap toe hy sy drankie genaamd “Even Can’t Literally” onthul. Dit is ’n bloedkleurige bessie-margarita met ’n tampon-stokkie daarin.

Die klakouse meen dit mock vroue. Die bar-moeder Sarah Krueger sê egter sy’t dit geskep om vrouesake te bevorder en $1 van elke drink gaan na ’n sentrum teen gesinsgeweld in Cleveland. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters