Verlede maand
Ma vat man se kritiek kop toe
Foto: FACEBOOK  ~ 

DIT gons in die sosiale media oor Melanie Dudley (34), ’n Amerikaanse ma wat met haar gesin in Cabo San Lucas, Mexiko, met vakansie was.

Dié ma van Texas was besig om haar baba te borsvoed toe ’n wildvreemde man haar aansê om haarself te bedek.

Dudley sê sy is gewoonlik baie diskreet met die voeding, maar hulle het uit die oog agter in ’n restaurant gesit.

Die foto van haar reaksie – om haar gesig pleks van haar boob te bedek – het viral gegaan. ad.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters