17 dae gelede
Lang pad af deur die vloer
foto verskaf  ~ 

DIE uitkykdek van ’n nuwe skyskraper in New York City is nie vir sissies nie.

Die dek op die 100ste verdieping van die 30 Hudson Yards-gebou is “The Edge” gedoop.

Die dek van 696 m2 is 344 m bo grondvlak en steek 24,8 m van die gebou af uit.

Maar wat ’n mens se palms rêrig laat sweet, is die feit dat ’n deel van die bodem in die middel van glas gemaak is.

En die glaswande staan teen ’n hoek na buite sodat mense kan oorleun om die view van tot 128 km ver te waardeer.

Dit open in Maart 2020. New Atlas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters