Verlede maand
Kiwi sit oor moskee-video
Philip Arps (44) Foto: TWITTER  ~ 

’N SAKEMAN van Christchurch het skuldig gepleit daarop dat hy ’n livestream video versprei het wat die moskee-skieter van sy 50 slagoffers opgeneem het.

Philip Arps het skuldig gepleit op twee klagte van die verspreiding van die moskee-video. Hy sal in aanhouding bly tot sy vonnisoplegging op 14 Junie. Hy kan tot 14 jaar tronkstraf kry.

Die aanklaers voer aan Arps (44) het die video aan ’n onbekende persoon gestuur en gevra dié moet ’n gun-korrel en kill count insit. Toe het hy die hele 17 minute lange clip vir 30 mense aangestuur.

Nieu-Seeland se hoofsensor, David Shanks, het die video en die wit ras-maniak se manifes verbied. Dit was dus onwettig om daarna te kyk, dit te besit of te versprei. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters