Verlede maand
Japan wil organe kweek
VREEMDE DINGfoto ter illustrasie  ~ 

WETENSKAPLIKES in Japan sal begin om menslike organe in diere te probeer kweek nadat die regering toestemming vir so ’n studie verleen het.

Dié omstrede baanbrekersnavorsing behels die inplanting van gewysigde diere-embrio’s met menslike “geïnduseerde pluripotente stamselle” (iPS-selle), wat geaktiveer kan word om die boublokke vir enige liggaamsdeel te vorm.

Dis ’n eerste stap na ’n toekoms waar organe vir oorplantings in diere gekweek kan word.

Dié navorsing onder Hiromi­tsu Nakauchi, professor in genetika van die Stanford-Universiteit, is die eerste in sy soort wat regeringsgoedkeuring kry nadat Japan sy reëls oor die inplanting van menslike selle in diere verander het. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters