Verlede maand
Israel soek nie dié kritici
OPSTOKERS? Rashida Tlaib en Ilhan Omar moet nou tuis bly. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

TWEE Demokratiese Amerikaanse kongreslede wat baie krities teenoor Israel is, is nie welkom in die Heilige Land nie.

Tzipi Hotovely, adjunkminister van buitelandse sake, het Donderdag aangekondig Rashida Tlaib en Ilhan Omar mag Israel nie inkom nie, berig NU.nl.

Dié twee wou ’n draai maak in Jerusalem, waar hulle onder meer na die Tempelberg en Al Aqsa Moskee wou gaan.

Tlaib, die afgevaardigde vir Michigan, se ouers is Palestyne.

Sy en Omar het negatiewe kritiek op Israel en beywer hulle vir ’n boikot teen dié land.

Israel se premier, Benjamin Netanyahu, sê Israel re­spek­teer die Amerikaanse kongres, maar die besoek van dié twee afgevaardigdes is net “bedoel om Israel te skaad”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters