17 dae gelede
IS sweer wraak teen Yanks
Abu Bakr al-BaghdadiFoto: WIKIMEDIA  ~ 

DIE Islamitiese Staat (IS) het Donderdag via sy nuusagentskap Amaq gesê hy gaan die dood van sy leier Abu Bakr al-Baghdadi wreek.

Al-Baghdadi is laas Saterdag in ’n Amerikaanse operasie in Idlib, Sirië, dood. Hy’t homself en twee kinders opgeblaas.

Pres. Donald Trump het Dinsdag aangekondig Al-Baghdadi se vermeende opvolger, Abul-Hasan al-Muhajir, is ook in ’n lugaanval uitgehaal.

Die IS het aangekondig Al-Baghdadi se op­volger is Abu Ibrahim al-Hashimi al-Qurayshi, oor wie daar niks bekend is nie. – Nu.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters