7 dae gelede
Ideale job vir ’n dierevriend
Milo en Oscar  ~ Silver Swan Search

’N BRITSE egpaar bied byna R600 000 per jaar aan vir iemand wat hulle twee golden retrievers, Milo en Oscar, voltyds sal oppas.

Die job posting by Silver Swan Search vra ’n live-in oppasser vir die brakke by die twee business execs se huis in Londen.

Die honde-oppasser moet ook ligte skoonmaakwerkies, wasgoed en ’n bietjie kookwerk doen. Die werk is van Maandae tot Vrydae en sommige naweke.

Dié vrygewige aanbod sluit ’n vet salaris van byna R600 000 ’n jaar in, asook gratis akkommodasie. UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters