15 dae gelede
Hotel op hol oor ’n slang
'n Slang het hotelgangers in Brittanje op hol gehad.  ~ RSPCA

’N GAS in ’n Britse hotel was geskok om te sien daar is ’n slang wat die hotelkamer reeds beset.

Die Britse Dierebeskermingsvereniging (RSPCA) is ontbied.

Sara Jordan, ’n inspekteur van die RSPCA, sê die gas by die hotel in Doncaster het op Nuwejaarsdag ingecheck en die koningslang, ’n spesie van die Amerikas, daar gevind.

Die kamer is afgesper en almal was op hol. Jordan moes ’n uur soek om die slang agter ’n TV-paneel op te spoor.

Sy sê die slang lyk gesond en is dalk ’n troeteldier wat in iemand se tas beland en uitgekom het. UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters