13 dae gelede
Hiperinflasie terug in Zim
Zim se vlag  ~ iStock

ZIMBABWE het weer ’n hiperinflasionêre ekonomie, sê die Openbare Rekenmeesters- en Ouditeursraad (PAAB), wat die situasie in dié land monitor.

Zim het hiperinflasie die eerste keer vanaf 2005 tot 2008 trotseer. Op sy hoogtepunt in 2008 was die inflasiekoers 500 miljard persent. ’n Amerikaanse dollar was destyds Z$2 621 984 228 werd.

Zimbabwe het sy eie geldeenheid toe afgeskaf en ’n stelsel met verskeie geldeenhede ingestel.

Dinge raak nou erg. Krag is skielik 300% duurder, brandstof het met 26% gestyg en basiese produkte is weer vir Zim-burgers onbekostigbaar. Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters