3 maande gelede
Grace se lawyers sue haar
FLUISTERAAR: Uncle Bob se omstrede vrou word nou deur haar lawyers hof toe gesleep.Foto: NETWERK24  ~ 

LAWYERS wat Zimbabwe se vorige first lady, Grace Mugabe, in talle hofsake verteenwoordig het, sue haar glo nou, berig News24.

Die lawyers het haar verteenwoordig in sake wat verband hou met ’n mislukte deal van $1,2 miljoen (sowat R17 miljoen) rondom ’n diamantring.

Die staatsbeheerde Chronicle berig die lawyers het op regstappe teen Grace besluit omdat sy versuim het om hul uitstaande regsfooie van meer as $278 000 (byna R4 miljoen) te betaal.

Die firma Manase & Manase het Grace in die hof verteenwoordig nadat haar transaksie met die Libanese diamanthandelaar Jamal Ahmed skeefgeloop het.

Dié transaksie het in 2016 aan die lig gekom toe Grace ’n refund gevra en na bewering geëis het dit moet in Dubai aan haar betaal word, berig News24.

Die diamantring was ver­onderstel om oudpres. Robert Mugabe se anniversary-geskenk aan haar te wees.

Die egpaar het in 2016 hul 20ste huweliksherdenking gevier.

Ahmed het Grace hof toe gesleep nadat die transaksie skeefgeloop het. Hy’t haar daarvan beskuldig dat sy drie van sy eiendomme in Zimbabwe beset.

Hy’t ook in daai stadium beweer Grace en Russell Goreraza, haar seun, het hom afgedreig.

Die Independent berig verder Kennedy Fero, Grace se lyfwag, word by die beweerde dreigemente betrek.

Die Chronicle berig Grace het haar lawyers nie betaal nie omdat die saak vir maande in die hof gesloer het.

Die voormalige voorste vrou van Zimbabwe is geen nuweling as dit my omstredenheid kom nie. Sy’t al selfs in Suid-Afrika skandes gemaak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters