2 maande gelede
G’n sonde met dié ‘biere’ nie
DIE pasgetroudes Foto: BOLLEN  ~ 

RIK Dewolfs (31) en Jolien Landerloos (24) van Orsmaal-Gussenhoven in België het laas naweek ’n ongewone trougeskenk van hul vriende gekry.

Hul tjommies het vir hulle ’n “huis” van 1 100 bierkratte gebou.

Hul pel Tim Andries het aan die koerant Het Laatste Nieuws vertel: “Ons was ’n groep van 35 mense wat die kratte opgestapel het – van Vrydag 19:30 tot middernag.”

Die deposito vir elke krat is die eintlike geskenk, want dit beloop ’n aardige bedraggie!hln.be

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters