7 dae gelede
Geskenkpakkie is propvol tik
TOE NIE LEGOFoto: wikimedia  ~ 

DRIE vroue van Georgia het ’n boks Lego by ’n vlooimark in Suid-Carolina gekoop toe hulle daar op besoek was – net om later uit te vind die boks was vol tik!

Jim Riggs, ondersoekbeampte van die Bulloch-polisie, sê die vroue het die boks Lego vir ’n kind as geskenk gegee. Toe die laitie dit oopmaak, is tik ter waarde van meer as R575 000 daarin gevind.

Die vroue het die drugs aan die sheriff se kantoor oorhandig. Riggs sê die merts het die tjoefgoed waarskynlik na die verkeerde adres gepos. – wkyc.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters