26 dae gelede
Gay-moordenaar uitgesit
Gary Ray BowlesFoto: AFP  ~ 

’N MOORDENAAR wat gelink is aan ’n maande lange killing spree in 1994 waarin ouer gay mans geteiken is, is Donderdag in die Amerikaanse deelstaat Florida tereggestel.

Gary Ray Bowles (57) het 22:58 ’n dodelike inspuiting vir sy misdade gekry.

In ’n laaste verklaring sê Bowles sorry vir die “pyn en lyding” wat hy veroorsaak het. “Ek wou nooit dít vir ’n lewe gehad het nie. Jy word nie een- dag wakker en besluit om ’n reeksmoordenaar te word nie.”

Bowles is die “I-95 killer” gedoop nadat hy gelink is aan ’n sestal moorde langs die Ooskus-snelweg met dié naam.

Amerika se hooggeregshof het laat Donderdag die verdediging se mosie vir uitstel van die teregstelling verwerp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters