4 maande gelede
Gareth vereer met stasienaam
Foto: TFL  ~ 

DIE Southgate-moltreinstasie in Londen is tydelik genoem na Engeland se World Cup-sokkerbestuurder.

Die stasie in die noorde van die hoofstad het Maandag 48 uur as Gareth Southgate bekend gestaan, het Transport for London en die kredietkaartfirma Visa onthul.

Southgate het Engeland se span na sy suksesvolste Wêreldbeker-toernooi gelei sedert hy in 1990 in Italië die halfeindstryd gehaal het. Baie fans landwyd het die span se opgang tot die vierde plek in Rusland met passie gevolg. – Sky News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters