4 maande gelede
Firma mik na die maan
DOELWIT: Die Japanse motorreus Toyota is met die maan gepla.Foto: WIKIMEDIA  ~ 

TOYOTA gaan met die Japanse ruimteagentskap saamwerk aan ’n missie na die maan.

Die Japanse motorreus sal na verwagting ’n snuffeltuig bou wat die maan kan verken, het amptenare en die plaaslike media dié week gesê.

Dit sal die eerste keer wees dat die voertuigvervaardiger volkome betrokke is by die verkenning van die ruimte. Vantevore het die maatskappy gehelp om ’n robotjie te bou wat na die Internasionale Ruimtestasie gestuur is.

Besonderhede oor Toyota en die Japanse Ruimteverkenningsagentskap (Jaxa) sal later vandeesmaand bekend gemaak word. Dié details sal volg wanneer Jaxa in Tokio ’n simposium hieroor aanbied, het ’n woordvoerder aan AFP gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters