Verlede maand
Eko-vriendeliker entjies
STIGTERS: Davide Scott en Adam van Wyngaarden. Foto: Facebook/Smokey Treats  ~ 

BAIE mense besef nie sigaretstompies is van plastiek gemaak en dra grootliks by tot plastiekbesoedeling nie.

’n Maatskappy in Kaapstad het ’n oplossing vir die stompieprobleem uitgedink: ’n bio­afbreekbare sigaret.

Smokey Treats se sigarette en sigaretboksies is 100% bioafbreekbaar. Dit word gemaak van ongebleikte houtpulp en chloorvrye sigaretpapier en bevat nie kunsmatige bymiddels nie. Die boksie bevat geen metale nie en is nie giftig nie. Dit word van ’n hernubare bron van soja gemaak.

Dit sal nie verhoed dat mense rook nie, maar kan die verwoesting teenwerk wat gesaai word deur rokers wat hulle sigaretstompies sommerso wegsmyt. capetownetc.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters