4 maande gelede
Een dood in aanval op sinagoge
Een persoon is dood in 'n skietery by 'n sinagoge in San Diego  ~ Associated Press/Denis Poroy

EEN persoon is dood en vele ander beseer in 'n skietery Sondag by 'n sinagoge in San Diego, Kalifornië.

'n 19-jarige man is reeds in verband met die voorval gearresteer waarin 'n 60-jarige vrou dood is.

Die skietery het by die Congregation Chabad in Poway, aan die noorde van San Diego, plaasgevind.

Steve Vaus, burgemeester van San Diego, sowel as pres. Donald Trump het die voorval as haatmisdaad beskryf

Volgens ooggetuies het die skieter, wat intussen as John Earnest identifiseer is,  'n aanvalsgeweer gehad .- CNN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters