17 dae gelede
Drug-toets ’n spul ghwano
Foto: dpa  ~ 

’N DRUG-toets in Amerika is steeds wyd in gebruik – selfs nadat dit voëlstront as kokaïen geïdentifiseer het!

Vice.com berig die goedkoop drug test het ook al donut-krummels vir tik aangesien. In nog ’n geval het iemand gemang toe sy vitamiene positief getoets is vir oxycodone.

Ál hierdie aanklagte word uiteindelik laat vaar – maar eers ná ’n groot gesukkel wat weke of selfs maande kan duur.

Prof. Omar Bagasra, direkteur van die Suid-Carolina Sentrum vir Biotegnologie, sê dis bog dat mense mang as die toets bekend is vir valse positiewe uitslae.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters