15 dae gelede
Dolfyn ghoef saam Aussies
Strandgangers is getreat tot 'n persoonlike dolfyn show.  ~ Skermgreep

STRANDGANGERS by ’n gewilde Australiese swemplek is getreat met ’n persoonlike dolfyn show toe een van dié seediere hulle vir ’n swem gejoin het.

Op ’n video wat Genevieve Faulkner by Kingscliff in Nieu-Suid-Wallis geneem het, sien ’n mens hoe ’n blitsige dolfyn deur die groep baaiers swem terwyl toeskouers se mond van verbasing oophang.

“Dit was fantasties. Dit was crowded, maar dié dolfyn het met die gety in die rivier op geswem en toe omgedraai en uit geswem,” skryf Faulkner. UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters