18 dae gelede
Dié skaakstuk miljoene werd
Foto: Sotheby’s  ~ 

’N SKAAKSTUK van ivoor wat in 1964 vir £5 (byna R95) by ’n Skotse antiekhandelaar gekoop is, is pas in ’n laai gevind en kan op 2 Julie in ’n veiling vir tot R18 miljoen verkoop word.

Sotheby’s, die afslaer, sê dié stuk – die Lewis-sipier (wat soos die kasteel skuif) – is een van die Lewis-skaakstukke wat in 19de eeu op die Buite-Hebride-eilande gevind is.

Dit dateer uit die laat 12de of vroeg 13de eeu en is in Trondheim, Noorweë, gekerf.

Altesaam 93 Lewis-skaakstukke is in 1831 ontdek. Die verkoopster se pa het in die 1960’s een gekoop. Dit het dekades lank in ’n laai gelê. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters