4 maande gelede
Dié ‘Iron man’ mik na sterre
DAEDALUSFoto: flyer.co.uk  ~ 

’N BRITSE uitvinder het ’n koninklike vlootbasis onlangs besoek om sy vlieënde “jet suit” af te show.

Mense vergelyk Richard Browning en sy vliegpak met die Marvel hero Iron Man.

Browning, stigter en hoofvlieënier van Gravity Industries, het sy vliegvertoning by die Yeovilton-basis gehou.

Sy suit, die Daedalus, kan ’n mens na bewering meer as 3,5 km die lug in te vat. Browning het egter tydens sy vertoning naby aan die grond gebly. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters